Friday, 09 January 2009

Vakansieverlowing


Daar bring Kersvader toe vir Shine 4 se Desiree Underwood ’n reuse present!

Terwyl die sangeres kort voor Kersfees in Mosselbaai vir die groep se laaste optrede regmaak, is ’n kaartjie by haar aanttrekkamer afgelewer. Daarop het gestaan: ‘‘Dis die einde van ’n siklus vir jou, en hopelik die begin van ’n nuwe een. Sal jy met my trou?’’

‘‘Die ander meisies van Shine 4 sê toe ek moet na kamer veertien in die hotel gaan, en daar wag my kêrel my met sjampanje in. Hy’t my kom verras!’’ vertel Desiree.

Sy en Doug Bain gaan later vanjaar in Knysna trou, en sy wil ook die kindermusiekmark betree.