Friday, 23 January 2009

Die Bok en die blink klippie


Jammer, meisies, hierdie aantreklike pot het nou sy deksel gekry. Die Springbok-senter Jaque Fourie het onlangs verloof geraak aan sy meisie van die afgelope tien maande, Kelly Rae Liebenberg.

‘‘Ek het al ná twee maande geweet sy’s die een vir my,’’ het hy gesê toe ons die twee by die Kloofzicht Lodge aan die voetheuwels van die Zwartkopberg naby Krugersdorp kiek. Jaque het by hierdie luukse oord die jawoord gevra en die paartjie oorweeg dit om ook daar te trou.

‘‘Jaque het roosblare oor die bed gestrooi en die verloofring was tussenin. Ons wou eers in Maart trou, maar hy wil hê al sy rugbyvriende moet ook daar wees. Toe verskuif ons die troue na 30 Mei,’’ vertel Kelly Rae, ’n huisagent en deeltydse model.

Jaque oefen nou hard vir die Super14-reeks en laat al die reëlings aan sy donkerkop-verloofde oor.