
Sy’s glad nie lief vir op die strand lê nie, maar dit het Catriona Andrew nie gekeer om die afgelope vakansie by die see te gaan uitspan nie.
‘‘Ek sal eerder heeldag in die branders op my waterponie wees,’’ vertel die aktrise. ‘‘Ek kuier elke jaar vir ’n week of twee by vriende en familie in St. Francisbaai, en was vanjaar ook op Waenhuiskrans. Die weer was heerlik in St. Francisbaai, maar by Waenhuiskrans was dit heeltyd stormweer.’’
Sy is later vanjaar op die kassie te sien in die tweede seisoen van die SABC2-dramareeks Erfsondes, en vanaf Maart verskyn sy ook op die silwerdoek in die plaaslike fliek Finding Lenny.
‘‘Vir ’n verandering speel ek ’n romantiese karakter, nie die nare booswig van wie niemand hou nie!’’