
MEER as 5 000 mense sit in gespanne afwagting hier in Sun City se indrukwekkende Superbowl. Dit is donker op die groot verhoog. Toe laat dreun Mauritz Lotz sy elektriese kitaar en die kollig swiep boontoe, tot op Charlene Truter, dramaties in rooi op ’n wenteltrap van etlike verdiepings hoog.
Charlene sing ’n hoë noot so perfek dat ’n mens skoon duiselig raak – die openingsnoot van Skouspel 2008. Ligte flits, die orkes val in, en wie stap nou op? Dis Lize Beekman en niemand minder nie as Laurika Rauch.
Die legendariese Laurika trek onder luide applous weg met die koor van Die Nostalgie, en Lize sing saam. Een ná die ander kom die sterre by – Chris Chameleon, Emo Adams, Koos Kombuis, Robbie Wessels.
Juanita du Plessis en Die Campbells val weg met haar treffer Bly by My, toe is dit Nicholis Louw en Ray Dylan, daarna Dozi en Jannie Moolman, Theuns Jordaan, Bobby van Jaarsveld, Nianell . . .
Almal sing saam die Skouspel-kenwysie, ‘‘Ons is terug om die dak te lig, om die dak te lig’’, terwyl ’n enorme elektroniese banier met die woord Skouspel uit die dak sak.
Derduisende mense klap dawerend hande en jy dink by jouself: Hier kom ’n ding . . .
Vanjaar het byna 40 000 mense weer die pelgrimstog van heinde en ver aangepak vir dié toonaangewende gebeurtenis van die jaar op die Afrikaanse musiekkalender – Huisgenoot se ‘‘Groot Brag’’ met sowat dertig topkunstenaars in sewe vol bespreekte vertonings oor twee naweke.
Klik hier om muurpapier en speletjies vir jou foon van Huisgenoot se webtuiste af te laai.
Gesels met ons: Klik hier. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.
Klik hier om op die gedrukte weergawe van Huisgenoot in te teken. Ons sal jou terugbel. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.