Friday, 24 October 2008

Hallo, Herschelle


Ná al die drama wys die Protea-krieketspeler Herschelle Gibbs nou weer gesig in die openbaar. Die storm oor sy egskeiding van Tenielle Povey het hom erg getref.

‘‘Ek het geeneen van die mediaberigte gelees nie. Tenielle is ’n goeie mens met ’n goeie hart. Dit was regtig nie so sleg soos almal dit gemaak het nie. Ek het die afgelope vyf maande besef wie my regte vriende is, en wie nie,’’ het hy gesê by die opening van Suid-Afrika se eerste Hugo-mansklerewinkel in die V&A Waterfront in Kaapstad.

Hy sê daar’s nie ’n nuwe vrou in sy lewe nie. ‘‘My lewe draai nou om my krieketloopbaan. Al wat ek nou wil doen, is krieket speel. In my vrye tyd wil ek net rus.’’

Klik hier om muurpapier en speletjies vir jou foon van Huisgenoot se webtuiste af te laai.

Gesels met ons: Klik hier. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.

Klik hier om op die gedrukte weergawe van Huisgenoot in te teken. Ons sal jou terugbel. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.