
Die blinkste sterre in die Afrikaanse musiekbedryf is ná vanjaar se Skouspel-konserte by die vierde jaarlikse Tempo-toekenningsgeleentheid in Sun City vereer.
Byna 120 000 stemme van lesers is per SMS of op MXit vir vanjaar se Tempo’s uitgebring. Die veelsydige Chris Chameleon het ’n Tempo vir die gewildste kontemporêre album, Ek vir Jou, opgeraap. ‘‘Dit gaan in my vensterbank staan om my aan al die lesers se liefde en ondersteuning te herinner,’’ sê hy.
Hier is die gewildstes:
DVD Bring Jou Hart – Theuns Jordaan en Juanita du Plessis
ROCKALBUM Intervensie – Foto na Dans
KONTEMPORÊRE ALBUM Ek vir Jou – Chris Chameleon
GOSPELALBUM Amen – Ronéll Erasmus
POPALBUM Vergeet My Nie – Lianie May
TRADISIONELEMUSIEK-ALBUM Wat Kom Nou? – Dozi
SOKKIE-/DANS-ALBUM Voorwaarts Mars – Kurt Darren
KINDERMUSIEKALBUM Carike en Ghoempie in Kinderland 5 – Carike Keuzenkamp
HUMOR-/KOMEDIE-ALBUM Hie’ Kommie Bokke! 2 – Leon Schuster
KOPSKUIF-ALBUM Tall, Dark & Afrikaans – Emo Adams
NUWELING – Lianie May
LIEDJIE Mengelmoeskardoes – Juanita du Plessis
MANLIKE KUNSTENAAR Kurt Darren
VROULIKE KUNSTENAAR Juanita du Plessis
TOPVERKOPER VAN AFRIKAANSE MUSIEK (vir tydperk 1 Julie 2007 tot 30 Junie 2008) Volmaakte Kring – Juanita du Plessis
– Huisgenoot van 23 Oktober het volop foto’s van jou gunsteling-kunstenaars.
Klik hier om muurpapier en speletjies vir jou foon van Huisgenoot se webtuiste af te laai.
Gesels met ons: Klik hier. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.
Klik hier om op die gedrukte weergawe van Huisgenoot in te teken. Ons sal jou terugbel. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.