
Wat maak Kurt Darren daar op Loftus en dít in die nag?
Die sanger het onlangs ’n drie vir die liefde gedruk toe sy nuutste musiekvideo vir die liedjie Af en Af daar geskiet is. Dit verskyn op Kurt se nuwe CD wat vandeesmaand uitgereik word.
In die video vra ’n man sy geliefde ewe romanties op Loftus die jawoord. Die model Stacy Amos speel die vrou wat kamstig Kurt se hart verower. ‘‘Ons wou iets groots doen met die video; daarom het ons besluit om die groot stadion en baie ligte te gebruik,’’ vertel Kurt. ‘‘Loftus is ook my gunsteling-stadion.’’
Klik hier om muurpapier en speletjies vir jou foon van Huisgenoot se webtuiste af te laai.
Gesels met ons: Klik hier. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.
Klik hier om op die gedrukte weergawe van Huisgenoot in te teken. Ons sal jou terugbel. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.