Friday, 24 April 2009

Local is lekker


Papsopwinterwaternat!

En daar slaan Huisgenoot toe ’n rol los in KURT DARREN se nuwe musiekvideo! Vir die opname van die video vir sy treffer Papsopwinterwaternat onlangs in Cresta, Johannesburg, het Huisgenoot op versoek van sy platemaatskappy, Select Musiek, ’n voorblad ontwerp met die beeldskone model JADE McKINON se gesig daarop. Sy speel die “groenoog-rooikopmeisie” op wie Kurt kastig in die video verlief raak. Hy blaai so ewe deur Huisgenoot, en die voorblad waarsku gepas: “Die Wes-Kaap is papsopwinterwaternat!” Kurt het Papsopwinterwaternat opgeneem nadat die liriekskrywer en kitaarspeler Hugo Ludik en Willie van der Merwe Huisgenoot se liedjieskryfkompetisie verlede jaar daarmee gewen het.

LAPASIDE MET DIE LIEFDE!

Ons het ’n voëltjie hoor fluit dat daar ’n nuwe man in ELIZMA THERON se lewe is . . . Die blondekop wat verlede jaar haar verlowing aan die sanger Adam Tas verbreek het, is glo weer smoorverlief, maar sy is baie geheimsinnig oor wie haar hart gesteel het. ‘‘Ek wil nie hê alles moet weer dié keer in die openbare oog wees nie,’’ sê sy. Die Lapaside-sanger vertolk deesdae die rol van Kriek, ’n mediese student, in die kykNET-sepie Villa Rosa. ‘‘Dis die eerste keer dat ek toneelspeel en ek geniet dit baie. Dis iets wat ek nog altyd wou doen: Ek was nog altyd ’n drama queen! Ek wil ook graag eendag in ’n dramareeks of fliek speel,’’ sê sy. Haar nuwe CD sal in Junie op die rak wees. En haar nuwe geliefde het glo een van die liedjies daarop help skryf.

Lees ook oor Clint Eastwood se verrassingsbesoek, Willem Botha se verjaardag en Deon Meyer se besoek aan 7de Laan in Huisgenoot van 30 April.