
Dis net waarvoor aanhangers gewag het: Die derde reeks van Hannah Montana het uiteindelik Suid-Afrika se skerms getref! Dit wemel van interessante nuwe intriges, splinternuwe liedjies en natuurlik nόg meer van Hannah se styl. Lees ons eksklusiewe vraag-en-antwoord-sessie met die ster van die program, Miley Cyrus.
HOE HET DIE REEKS VERANDER?
Ek dink ouderdom het die program verander. Ons het ons karakters saam met ons laat grootword. Ek dink nie ’n mens word eendag wakker en voel eensklaps soos ’n volwassene nie. Dit gebeur deur lewenslesse. Daarom gee ons nou meer besonderhede en meer intense lewenslesse.
VERTEL ONS VAN HANNAH SE NUWE VOORKOMS
Ons het haar pruik korter gesny en ’n bietjie blonder gemaak vir ’n meer moderne gevoel.
WAT DRA JY GRAAG AS JY NIE VOOR DIE KAMERA IS NIE?
Die karakter dra meer helder kleure en dis pret. Maar dis nie my smaak nie en ek verkies groot truie en gemaklike goed. Ek hou daarvan om gemaklik te wees en ek kry altyd koud. Daarom hou ek van warm goed. Hannah se klere is beslis ook meer opvallend – meer wit tenktops en swart T-hemde. Dis meer ontspanne en geskik vir enigiets – pleks daarvan dat sy haar heeltyd oor ’n rok moet bekommer. Dit is makliker om aan te trek wanneer jy presies weet wat jy gaan doen. In die regte lewe het jy nie daardie luukse nie.
HET JY ENIGE SÊ OOR DIE KLERE WAT JY IN DIE REEKS DRA?
Die meeste van my klere is klaar vir my gekies. Dis lekker, want ek hoef nie te stres oor wat ek vir ’n episode gaan dra nie. Maar as ek nie van iets hou nie, dan verander ons dit.
Lees meer oor die agter-die-skerm-geheime wat Miley verklap in Huisgenoot van 19 Maart.