
Gauteng se glansmense deesdae partytjie hou, moet jy rêrig uithaal en wys om ‘‘anders’’ te wees. Nie Bassie Kumalo nie. Sy doen dit vanjaar moeiteloos – met ’n aand van geestelike verdieping.
Bassie is nie net ’n TV-magnaat, sakevrou en een van die suksesvolste Mejj. Suid-Afrika wat die land nog opgelewer het nie. Sy is ook ’n vrou wat in die afgelope jare swaargekry het en geliefdes aan die dood afgestaan het. Tog het sy steeds so baie om voor dankbaar te wees – daarom het sy dié tema vir haar 35ste verjaardagpartytjie gekies: Dankbaarheid.
Daar sal drie dae lank fees gevier word, en dit begin op 27 Maart met ’n onthaal vir 15 van haar beste vriendinne in die presidensiële suite van die Palazzo Hotel in Fourways, Sandton – ’n boekbespreking-pajamapartytjie.
Die boek is The Shack, ’n blitsverkoper deur die Amerikaanse skrywer William P. Young. Dit is die verhaal van ’n man wat teruggaan na die hut waar sy dogter vermoor is nadat hy ’n briefie ontvang het – blykbaar van God af – wat hom vir die naweek daarheen nooi. ‘‘Die boek worstel met die vraag: ‘Waar is God in ’n wêreld wat so vol onuitspreeklike pyn is?’ ’’ sê Bassie.
‘‘Dit het regtig my siel op ondenkbare maniere geseën. Al die vroue wat kom, het dit ook gelees. Daarom sal ons dit oor ’n smaaklike ete ontleed en met mekaar deel hoe dit ons geïnspireer het.’’
Haar vriendinne sal ook bederf word: Sy het die top-ontwerper Gavin Rajah opdrag gegee om vir almal wat daar gaan wees kamerjasse met hul voorletters op te maak.
Maar vandag het Bassie eers haar geliefde susters en broer om haar saamgetrek vir ’n spesiale, eksklusiewe fotosessie hier in die Palazzo Hotel kort voor die groot dag.
En sy erken dadelik sy sou nie naastenby gewees het wie sy vandag is nie sonder die ondersteuning van haar ‘‘rotse’’ – haar susters Lerato Mehlapi (42) en Johanna Mukoki (37) en broer Abbey Makgalemele (33).
Lees meer oor Bassie Kumalo se moeilike verlede en haar jaar van dankbaarheid in Huisgenoot van 26 Maart.