Friday, 26 September 2008

KYK WIE’S OP TV


Juanita du Plessis gaan binnekort die kassie tref! Die sangeres het onlangs die eerste opname gemaak vir haar eie TV-program, kykNET Country.

‘‘Ek was aanvanklik ’n bietjie senuagtig, want dit is nuut vir my, maar nou voel ek soos ’n pro,’’ het sy in die Barnyard-teater in Tygervallei, Kaapstad, gesê. ‘‘Ons bring hulde aan die land se beste country-sangers. Ek is lief vir dié soort musiek en ek weet mense gaan mal wees daaroor. Ek voer nou onderhoude met my eie musiekhelde. Dit voel so onwerklik, maar dit is absoluut wonderlik.’’

Die sangers Jakkie Louw en Emo Adams het tydens die opname kom inloer en Emo het selfs ’n oudisie afgelê om in Juanita se program te verskyn. Die reeks gaan uit dertien aflewerings bestaan en word van Januarie af op kykNET uitgesaai.

Juanita vier binnekort haar tiende jaar in die musiekbedryf by Skouspel. ‘‘Dit is mos altyd die hoogtepunt van die jaar,’’ sê sy.

Klik hier om muurpapier en speletjies vir jou foon van Huisgenoot se webtuiste af te laai.

Gesels met ons: Klik hier en kies die Full- of Google-weergawe. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.

Klik hier om op die gedrukte weergawe van Huisgenoot in te teken. Ons sal jou terugbel. Kies die Full- of Google-weergawe. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.