Thursday, 25 September 2008

HANSIE CRONJÉ WORD ONTHOU


Bertha du Plessis se baba het by die huis gebly toe sy die opening van die fliek oor haar eerste man, die legendariese krieketkaptein Hansie Cronjé, bygewoon het. Sy en haar tweede man, Jacques, het onlangs ouers geword en klein Daniël is nou amper ses maande oud. ‘‘Ons het nie juis slapelose nagte nie; hy’s baie soet,’’ het sy vertel.

Bertha het uit George gevlieg om die première by Montecasino in Johannesburg by te woon, al het sy die fliek reeds op DVD gesien. ‘‘Dis maar moeilik om te kyk, maar ek is hier om Hansie se broer, Frans, te ondersteun. Ek het nog baie kontak met sy familie.’’ Frans was die vervaardiger van die fliek.

Klik hier om muurpapier en speletjies vir jou foon van Huisgenoot se webtuiste af te laai.

Gesels met ons: Klik hier en kies die Full- of Google-weergawe. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.

Klik hier om op die gedrukte weergawe van Huisgenoot in te teken. Ons sal jou terugbel. Kies die Full- of Google-weergawe. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.