
Lees ’n uittreksel uit Lynne Spears se boek Through the Storm:
Toe Britney die eerste keer by die huis weg is, het ek ’n hol kol op my maag gekry. Sy was sestien toe die platemaatskappy haar na New Jersey en toe na Swede gestuur het om saam met die liedjieskrywer en vervaardiger Max Martin te werk.
Maar nog voor die tornado van roem deur ons lewe gewarrel het, het ons reeds baie gehad om ons oor te bekommer. Geld was skaars en my huwelik het aan ’n draadjie gehang. Britney kon ons nie red nie en ons wou ook nie hê sy moes nie. Ons het nie geweet sy sou ’n treffer hê nie.
Ons was baie bly om haar onthalwe, maar ek het ’n werk gehad waarna ek moes gaan en iets in die twintig kinders om elke dag te onderrig. Jamie Lynn was in gr. 1 en ek het by haar by die huis gebly terwyl Britney en Felicia (’n gesinsvriend) die wêreld vol geswerf het.
Die eerste keer dat ek gevoel het my gesag as ma word ondermyn, was met Britney se eerste voorblad vir die tydskrif Rolling Stone in April 1999. Ek het die kenners vertrou om die regte besluite te neem.
Dit was ons eerste ervaring van ’n tydskriffotosessie en ons was soos wildsbokke wat deur ’n motor se kopligte verblind is.
Om die een of ander rede wou die fotograaf foto’s van Britney se slaapkamer neem. Toe daardie deur skielik dig toegemaak word, het die rooi ligte begin flikker. Larry (Rudolph, Britney se agent) het ingeloer om te kyk hoe die fotograaf vorder. Toe ek hom met ’n ongelukkige toon hoor sê: ‘‘Dis genoeg,’’ het ek daar ingebars.
Britney het met ’n bra en sjoebroekie aan op haar bed gesit. ‘‘Kom ons hou nou op,’’ het ek verbouereerd en ongemaklik gesê.
Ons het ons daaraan getroos dat niemand ooit ’n foto van Britney in daardie karige uitrusting sou sien nie. Ons het aangeneem ons sou die laaste sê hê oor watter foto’s gekies word. Toe ek die voorblad sien, het my moed in my skoene gesak.
– In Huisgenoot van 25 September onthul Lynne Spears hoe hul droom ’n nagmerrie geword het
Klik hier om muurpapier en speletjies vir jou foon van Huisgenoot se webtuiste af te laai.
Gesels met ons: Klik hier en kies die Full- of Google-weergawe. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.
Klik hier om op die gedrukte weergawe van Huisgenoot in te teken. Ons sal jou terugbel. Kies die Full- of Google-weergawe. Vul jou telefoonnommer in, skryf jou boodskap en stuur en klik op Submit.